• Vulsel: Verhit die olie in 'n pannetjie en roerbraai die sampioene, soetrissie, ui en murgpampoentjies tot sag en geurig. Roer 'n skeppie pesto deur, indien verkies, en geur liggies met die sout en peper. Voeg die tamaties by. Hou eenkant.
  • Omelet: Klits die eierwitte styf en voeg 'n knippie sout by. Voeg vier eiergele by en klits tot net gemeng. Pasop om die lug uit te klits.
  • Bespuit twee pannetjies met kossproei. Verdeel die eierwitmengsel tussen hulle.
  • Sprinkel die vulsel oor elk, voeg 'n heel eiergeel by elk en sprinkel 'n bietjie parmesaan oor. 
  • Plaas op 'n stoofplaat tot die onderkant net gaar is en die eier begin wegtrek van die kant. Plaas dan vinnig onder die verhitte roosterelement van die oond en rooster tot die bokant van die omelet ook gestol en die kaas net gesmelt is. Pasop om die bokant te brand.
  • Vir voorsit: Sit dadelik voor saam met ekstra tamatiepesto.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.