• Hollandaisesous: Plaas die eiergele en koue water in 'n glasbak en plaas op 'n kastrol met kokende water. Maak seker die bak raak nie aan die water nie. Verhit terwyl jy vinnig met ’n draadklitser klop tot die eier lig van kleur is. 
  • Voeg die gesmelte botter stadig by die eiergeel terwyl jy steeds vinnig klits tot 'n dik sous vorm.
  • Klits die suurlemoensap, mosterd en sout by.
  • Broodjie: Smeer die snye brood liggies met pietersieliebotter terwyl dit nog warm is. Plaas een broodhelfte op ’n bord en rangskik die spekrepies of forelvelletjies en avokadoskyfies bo-op. Geur met die sout en peper.
  • Plaas die ander broodhelfte op met die skyfies kaas en geposjeerde eiers bo-op. 
  • Geur met sout en peper en giet die hollandaise­sous oor.
  • Vir voorsit: Rond af met die roket of dille, indien verkies, en sit dadelik voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.