• Bring die melk tot kookpunt in ’n kastrol, voeg die gnocchi by en kook tot die gnocchi bo-op begin dryf. Skep die gnocchi met ’n gaatjieslepel uit, maar behou die melk.
  • Verhit die olie vir diepvetbraai in ’n ander kastrol en braai ’n paar babaspinasie­blare tot bros. Dreineer.
  • Geur die melk in die kastrol met die neutmuskaat en sout en peper en roer die roomkaas by om ’n romerige sous te kry. Voeg die gnocchi saam met die orige vars spinasie by. Verhit tot warm. Skep in ’n opdienbak.
  • Krummel die bloukaas oor en sprinkel die diepgebraaide spinasie­blare oor.
  • Sprinkel die neute oor indien verkies en sit dadelik voor.

Gebruik klaar­gemaakte gnocchi en maak dit in melk gaar pleks van water. Die melk vorm sommer die basis vir die sous ook. Dis amper soos ou­tydse melksnysels, net met ’n sout smaak.