• Boontjiesmeer: Plaas die boontjies in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot grofgemaal. Sit die voedselverwerker weer aan en giet die olyfolie geleidelik by. Pols tot romerig. Voeg die suurlemoensap by en geur die smeer na smaak met die sout.
  • Baguette: Sny die baguette in die lengte in die helfte en smeer van die boontjiesmeer aan albei kante. 
  • Pak die salami, mozzarella, basilie en slaaiblare stewig op die brood en sny in 2 porsies (of hou die brood heel indien verkies). Sit voor.

Wenk: Voeg vir ekstra geur ’n hand vol vars kruie en die gerasperde skil van 1 suurlemoen by die boontjie­smeer. Pols tot fyn en smeer dan in die baguette, of gebruik selfs as doopsous.

Stilering: Carmen Niehaus.