Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer twee groot bakplate met 'n bietjie olyfolie.

  • Tjips: Sny die groente in papierdun skyfies en pak in 'n enkellaag op die bereide bakplaat. Drup die olie oor en geur met die sout. Rooster 7-10 min. of tot die tjips bros is – hou 'n ogie oor die tjips; dit kan baie vinnig brand.
  • Doopsous: Verhit die olie en botter in 'n pan en roerbraai die uie tot sag en gekaramelliseer. Voeg die suiker, komyn en kerrie by en roerbraai tot geurig. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  • Meng die uie met die suurroom en geur met die sout.
  • Vir voorsit: Sit die tjips voor saam met die uie-­doopsous en rond af met die vars koljanderblare.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.