book-icon Uitgawe 2 Januarie 2020

Tortilla-eierbakkies

akkreditasie
Tortilla-eierbakkies. Foto: Misha Jordaan
Tortilla-eierbakkies. Foto: Misha Jordaan
Bereidingstyd: 15 min.
Porsies: 6
Gaarmaaktyd: 40 min.
Bestanddele
  • 6 - snoepery-tortillas (sowat 10 cm groot)
  • 250 ml (1 k) - gerasperde kaas
  • 200 g - ham, in blokkies gesny
  • 150 g - babatamaties, gehalveer
  • 6 - eiers, geklits
  • 250 ml (1 k) - melk
  • - sout en peper na smaak
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 6 holtes van groot muffinpanne met kossproei.

  • Vou elke tortilla in 'n kwart. Plaas dan een in elke muffinbakkie en vou dit half oop sodat dit 'n bakkie binne-in die muffinbakkie vorm. Druk dit dan vas.
  • Sprinkel 'n bietjie kaas oor elkeen.
  • Verdeel die ham en ­tamaties tussen die ­bakkies en sprinkel die orige gerasperde kaas bo-oor.
  • Klits die eiers en melk saam, geur met sout en peper en giet oor.
  • Bak 40 min. of tot die vulsel gestol is. Koel af en verkoel tot benodig.
Wenk
Jy kan ook filodeeg, in groot vierkante gesny, gebruik om die bakkies te maak.

Ná skool
'n Lae-GI-broodjie met grondboontjiebotter (sonder suiker) en skyfies piesang.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees