• Falafels: Verwerk al die bestanddele buiten die broodkrummels en mielieblom in ’n voedselverwerker tot glad. Skraap die kante van die verwerker se bak skoon, indien nodig. Skep die mengsel in ’n bak uit, voeg die broodkrummels by en meng goed. Gebruik skoon, nat hande en verdeel en vorm die mengsel in gholfbalgrootte-balle; druk effens plat.
  • Bestuif die falafels met die mielieblom voor jy dit braai. Giet die olie in die verhitte pan en braai die falafels in sarsies tot goudbruin en bros, sowat 1 min. per kant. Verwyder en plaas op kombuis­papier om te dreineer en plaas dan op ’n opdienbord.
  • Salsa: Verwerk al die bestanddele buiten die lemmetjiesap in die voedselverwerker tot fyn. Plaas in ’n bak, voeg die lemmetjiesap by en sit eenkant tot nodig.
  • Vir voorsit: Plaas die soet­rissies en sprietuie in die roosterpan, geur met die sout en peper en rooster tot verskroei ­terwyl jy dit een keer omdraai. Druk die sap van die suurlemoen oor die verskroeide groente, skep uit en plaas langs die falafels.
  • Mikrogolf die tortillas 45 sek. Meng die jogurt en brandrissiesous.
  • Sit die tortillas aanmekaar: Plaas 3-4 falafels op die tortilla, gevolg deur soetrissies, spriet­uie, salsa en laastens die brandrissiejogurt. 

Kry gereed: voedselverwerker; groot braaipan op matige hitte; roosterpan op hoë hitte.