Hou ’n kleefvrye pan byderhand.

  • Giet die louwarm water in ’n beker en voeg die kitsgis by. Meng goed, bedek met kleefplastiek en steek ’n paar gaatjies in die plastiek met ’n mes.
  • Laat gis 30-60 min. op ’n warm plek.
  • Meng die meel en sout in ’n bak en maak ’n holte in die middel.
  • Giet die gismengsel, olyfolie en nog 125 ml (½ k) water by. Meng met ’n vurk tot die deeg bymekaar begin kom – as die deeg te droog is, voeg nog water bietjies-bietjies by.
  • Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie 5 min. of tot glad. Plaas die deeg in ’n bak, bedek en laat staan 1 uur op ’n warm plek tot dubbel in grootte.
  • Verdeel die deeg in 12 balletjies en rol rofweg in sirkels uit. Bestrooi met nog ’n bietjie meel.
  • Verhit die pan tot warm en bespuit met kossproei. Plaas ’n paar van die deegsirkels in die pan (of net 1 as die pan te klein is) en braai oor matige hitte tot die deeg begin verkleur.
  • Drup ’n bietjie olie op die pitas en draai om. Braai tot goudbruin en liggies uitgerys. Herhaal met die res van die deegsirkels.
Wenk
Vir ‘n veselryke opsie, vervang die helfte van die koekmeel met volkoringmeel.