• Rys: Plaas die rys in ’n mikrogolfvaste houer met kookwater en sout, bedek met kleefplastiek, druk ’n gaatjie daarin en mikrogolf 12 min. Verwyder uit die mikrogolf en los 8 min. sodat die water geabsorbeer kan word.
  • Sous: Sny intussen die soetrissies, ui en appel in die voedselverwerker. Giet die olie in die pan en voeg die paprika, lourierblare en knoffel by. Roerbraai sowat 5 min.
  • Voeg die tamatie by die soetrissies, geur met die sout en peper en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit 12 min. prut.
  • Varkvleis: Sny die varkvleis in medaljons en druk dit effens plat met jou hand. Meng die kruie met sout en peper, en vryf dit oor die varkvleis. Bedruip met die olie en rooster tot deurgaar, sowat 5 min. Draai een keer om en braai nog 5 min.
  • Vir voorsit: Bestuif die rys met ekstra paprika en sit voor saam met die sous en varkvleis.

Kry gereed: voedselverwerker met ’n dik snylem; groot pan op matige hitte; middelslagpan met ’n deksel op matige hitte; riffelpan op hoë hitte; ketel gekook. Dié resep neem langer, maar spaar tyd deur van die prosesse saam uit te voer.