Meng al die bestanddele goed en skep in ’n lug­digte houer of sakkie.

Opdienvoorstel

KERRIEMAALVLEIS

  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, ­fyn­gerasper
  • 2 cm-stuk vars gemmer, gerasper
  • olie
  • 500 g maalvleis
  • 45 ml (3 e) veelsydige masala
  • helfte van ’n 400 g-blik gekapte tamaties
  • 3 rooi appels, gerasper
  • sout na smaak
  • 250 ml (1 k) elk ertjies en mielies

VIR VOORSIT

poppadoms of rys

METODE

Braai die uie, knoffel en gemmer in ’n bietjie olie tot sag. Roer die maalvleis by. Voeg die masala by en roer deur.

Voeg die tamaties en appels by, geur met die sout en laat prut tot die maalvleis gaar en geurig is. Voeg water by indien nodig.

Voeg die groente by en verhit tot gaar.

Sit die kerriemaalvleis voor saam met poppa­doms of rys.