Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 'n groot bakplaat met kossproei.

  • Tamatiesous: Pak die ­tamaties, ui, knoffel en soetrissie op die bakplaat en drup die olie oor. Geur met die sout en peper. Rooster 30 min.
  • Plaas die geroosterde groente in 'n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die res van die sous bestanddele by en pols tot gemeng. Laat heeltemal afkoel, skep in 'n fles en verkoel oornag in die yskas.
  • Tjips: Sny die aartappels in baie dun tjips – die aartappels moet soos vetertjies lyk.
  • Verhit genoeg olie vir diepbraai. Braai die tjips in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier en geur met die seesout. Sit voor saam met die tamatiesous.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.