15 min.
4
20 min.
Bestanddele
- Roomkaassous
- 230 g romerige maaskaas
- 125 ml (½ k) mayonnaise
- 125 ml (½ k) romerige natuurlike jogurt
- 140 g basiliepesto
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- Hoender-en-groente-mengsel
- 1 gaar draaispithoender, vel en bene verwyder en in stukke gebreek
- 100 g langsteelbroccoli
- 100 g groenbone of murgpampoentjies
- ’n groot hand vol baba-spinasieblare
- 2 klein ciabattabrode of lang Franse brood, in stukke gebreek
- olyfolie
- Vir voorsit
- gemengde slaai (opsioneel)
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sous: Meng die maaskaas, mayonnaise, jogurt, pesto en suurlemoenskil.
- Hoender-en-groentemengsel Voeg die hoender en groente by en meng deur. Skep in ’n oondvaste bak.
- Sprinkel olyfolie oor die brood en rangskik bo-op. Bak sowat 30 minute of tot die gereg goed warm en die brood bros is.
- Vir voorsit: Sit voor saam met gemengde slaai, indien verkies.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg
Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET