30 min.
500 ml (2 k)
Staan: 30 min. en 24 uur
Bestanddele
- 1 groot komkommer, in stokkies gesny
- 2 uie, in ringe gesny
- 15 ml (1 e) sout
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 cm-stuk vars gemmer, gerasper
- 10 ml (2 t) paprika
- 10 ml (2 t) peri-peri-poeier
- 80 ml (¹/3 k) rysasyn
- 30-45 ml (2-3 e) suiker
Metode

- Plaas die komkommer en uie in ’n bak, sprinkel die sout oor en vryf dit goed in. Laat staan 30 min.
- Meng die res van die bestanddele goed. Dreineer die komkommer en uie en meng die paprikamengsel by. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël.
- Laat staan minstens 24 uur voor jy dit gebruik.
WENK
Sny die pitjies van die komkommer af as jy nie daarvan hou nie. En die kimchi lyk baie mooi as jy ’n mengsel van wit- en rooi-ui gebruik.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET