Voorverhit die rooster­element van die oond.

  • Plaas die soetrissie op ’n bakplaat en rooster tot swart blasies op die oppervlak verskyn. Verwyder uit die oond en plaas in ’n plastieksak. Knoop toe en laat afkoel. Trek die velletjies af en sny die soetrissie in repies.
  • Braai die spekvleis in ’n verhitte pan tot lekker bros. Verwyder die spek uit die pan en sny in repies. Behou die panvette.
  • Kook die pasta in genoeg soutwater tot net sag; dreineer.
  • Meng die spekvleis en panvette saam met die soetrissie by die pasta in. 
  • Voeg die stingeluie en basilie by en skep in pastaborde, krummel die fetakaas oor en geur met die swartpeper. Sit onmiddellik voor.