• Gratin: Verwerk die aartappels in die voedselverwerker tot fyn. Keer dit in die kastrol uit, bedek met kookwater en kook 10 min. met die deksel op.
  • Skil die uie en verwerk dit in die verwerker tot fyn. Keer dit saam met die olie in die bakplaat uit. Voeg die aftrekselpotjie by en geur met die sout, swartpeper en tiemie.
  • Dreineer die aartappels in ’n vergiettes en voeg dit dan by die uie. Roer saam en rangskik in ’n plat laag. Giet die room oor, bestrooi met die kaas en bak 20 min.
  • Stokvis: Plaas die stokvis in die roosterpan, ­bedruip met die suur­lemoensap en geur met die sout en peper. Plaas dit langs die gratin en bak 15 min. of tot gaar.
  • Groente: Plaas die broccolini in ’n glasbak, bedek met kleefplastiek en mikrogolf 3-5 min. Sit voor saam met die vis en gratin.

Kry gereed: ketel gekook; oond op 200 °C; voedselverwerker met fyn snylem; kokende sout­water in ’n kastrol; ’n bakplaat uitgevoer met bakpapier; roosterpan.