1. Krummelkorslende met roomsous
Geniet hierdie steak met jou gekose bykos.
2. Beesfilet met béarnaise-sous
Beesfilet is een van die duurste snitte steak wat 'n mens kry, maar ook die sagste. Berei dié gereg as 'n bederfmaaltyd.
3. Riboogsteaks met gegeurde botter
Riboog is een van die geurigste steaksnitte. Ons sit dié steak voor saam met 'n Café de Paris-botter, oftewel 'n gegeurde botter.
4. Reuse-T-been
Ons maak ons eie speserymengsel vir dié sappige stuk steak. 'n T-been is 'n bekostigbare snit met baie geur.
5. New Yorkse strip-steak met groensous
Dié snit is een van die goedkoopste maar geurigste steaks. Dis wel geneig om taai te raak as jy dit te lank gaarmaak.
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET