10 min.
4 mense
40 min.
Bestanddele
- olyfolie
- 1 middelslag-ui, in skywe gesny
- 15 ml (1 e) droë origanum
- 15 ml (1 e) paprika
- seesout en swartpeper
- 2 knoffelhuisies, fyngesny
- 2 x 400 g-blikkies pruimtamaties
- 600 g boere- of beeswors, omhulsel verwyder
- 100 g krulkool, ontstingel
- 50 g grondboontjies, gerooster
- 1 suurlemoen, in kwarte gesny en ontpit
Metode

- Verhit ’n middelslag-kastrol oor matige hitte en giet ’n bietjie olyfolie daarin. Voeg die ui, origanum en paprika by; geur en braai ongeveer 5 min. of tot deurskynend. Roer die knoffel en tamaties by saam met ’n bietjie water, verhoog die hitte en laat 15 min. prut.
- Vorm intussen die worsvleis in klein balletjies so groot soos gholfballe.
- Plaas nog ’n braaipan oor matige hitte en giet ’n bietjie olyfolie daarin. Voeg die helfte van die vleisballetjies by en braai 5 min. tot bruin.
- Verwyder en herhaal die proses. Sodra al die vleisballetjies bruin is, plaas dit terug in die pan, voeg die tamatiemengsel by en laat 10 min. prut.
- Voeg die krulkool by, sit ’n deksel op en kook nog 5 min. tot verwelk. Geur na smaak en strooi die grondboontjies oor. Sit voor saam met die suurlemoenwiggies, om daaroor uit te druk, en lekker vars brood of kapokpatat.
WENKE
- Ek voeg knoffel gewoonlik eers teen die einde van die kookproses by om te keer dat dit brand en bitter raak. Dit versterk ook die knoffelgeur.
- Wanneer die tamaties kook, styg die suurvlak van die gereg. Voeg ’n bietjie suiker by om die chemiese reaksie en die smaak te balanseer
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET