• Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smelt die botter in ’n groot pan oor matige hitte en voeg die olie by.
  • Braai die spek 2-3 min. tot ligbruin. Voeg die ui, wortel, seldery en knoffel by en braai nog 5 min. Plaas eenkant.
  • Meng die maalvleis, eiers, tamatiepasta, xilitol, worcestersous, basilie en komyn, asook die spek- en groentemengsel goed met jou hande in ’n groot mengbak.
  • Geur met gemaalde sout en peper na smaak.
  • Voeg die cheddar by en meng weer.
  • Gebruik die 50 g botter om ’n broodpan goed te smeer.
  • Plaas die vleismengsel in die broodpan om die “brood” te vorm. Plaas streepspek een-een oor die kort kant van “brood”.
  • Bak 20 min. Skakel die oond se rooster aan en rooster nog 5 min. sodat die spek lekker verbruin.
  • Verwyder uit die oond en laat 5 min. rus. Sit voor met tuisgemaakte tamatiesous.
Tuisgemaakte tamatiesous

LEWER 300 ML SOUS
BEREIDING: 5 MIN.
GAARMAAK: 30 MIN.

  • 200 g tamatiepasta
  • 250 ml (1 k) water
  • 45 ml (3 e) xilitol
  • 45 ml (3 e) appelasyn
  • 15 ml (1 e) worcestersous
  • ’n knippie paprika
  • ’n knippie knoffelpoeier
  • 5 ml (1 t) origanum
  • sout

Verhit die tamatiepasta en die water in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Roer en meng.

Sodra dit liggies begin prut, voeg die xilitol, appelasyn en worcestersous by en roer weer.

Voeg nou die speserye, origanum en sout by. Roer goed.

Verlaag die hitte en laat die sous 25 min. liggies prut tot lekker dik. Roer elke paar minute. As jy dit selfs dikker verkies, laat dit nog 5 min. kook. Proe aan die sous en voeg nog geurmiddels by, indien verkies.

Verwyder van die hitte en laat 10 min. afkoel.

Bêre in die yskas in ’n lugdigte houer.