Maak ’n braaivuur en sorg dat daar genoeg kole is. Hou tande­stokkies of vleistou byderhand.

  • Geur die steaks alkant met die vars gemaalde peper.
  • Meng die res van die bestanddele in ’n marineerbak en pak die steaks daarin. Laat 1-2 uur in die yskas marineer.
  • Vulsel: Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Skep uit die pan en laat afkoel.
  • Meng die spinasie met die broodkrummels, eier en olywe.
  • Haal die steaks uit die marinade en smeer van die vulsel oor. Pak ’n paar repies soet­rissie bo-op elkeen en rol op in rolletjies. Steek die rolletjies vas met die tandestokkies of draai dit vas met die vleistou.
  • Pak die rolletjies op ’n rooster en verf met die braaisous. Braai dit 2-3 min. per kant of tot gaar soos verkies. Sny die rolletjies versigtig in die helfte en sit voor.