Voorverhit die oond tot 230 °C. Hou 'n bakplaat byderhand.

  • Beesfilet: Geur die vleis met die sout en peper en sprinkel die tiemie oor. Smeer die olie oral-oor die steak.
  • Verhit 'n groot pan tot rookwarm. Seël die filet alkante tot 'n goudbruin kors reg rondom vorm.
  • Plaas die steak op die bakplaat en rooster nog 10-15 min. of tot gaar soos verkies.
  • Verwyder van die bakplaat en laat 10 min. rus.
  • Béarnaisesous: Plaas die asyn, wyn en ui saam in ’n pan en roerbraai tot die vloeistof met die helfte afgekook het. Giet die uiemengsel deur ’n sif en behou net die vloeistof. Giet die asynmengsel in 'n mengbak.
  • Voeg die eiergele by en klits met 'n elektriese klitser tot goed gemeng. Giet die botter bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend klits – die sous sal effens verdik en lig en romerig word. Geur met die sout, peper en pietersielie.
  • Vir voorsit: Sny die steak in porsies en sit voor saam met die ta­maties, kapokaartappels en béarnaise­sous.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.