• Plaas die beestong(e) in ’n drukkoker. Voeg die lourierblare en peper­korrels by en bedek met water. Kook onder druk 20 min. vir elke 500 g, plus 20 min. (Dit wil sê ’n 1 kg-tong sal 1 uur kook. As jy twee kleiner tonge gebruik, gebruik die berekende kooktyd vir die grootste tong.)
  • Haal die tong(e) versigtig uit die koker en laat 15 min. afkoel. Trek die tong(e) se vel versigtig af – gebruik ’n skerp messie as die vel nie wil afkom nie. Laat die vleis heeltemal afkoel, sny in dun skywe en bêre in die yskas tot nodig.
  • Sous: Meng intussen al die sousbestanddele buiten die tiemie, heelkorrelmosterd en jogurt in ’n glasbak. Plaas die bak oor ’n klein kastrol vol kookwater (’n dubbele kastrol) en klits tot die mengsel dik en romerig word.
  • Verwyder die bak van die dubbele kastrol en bedek die oppervlak van die sous met kleefplastiek. Laat die sous heeltemal afkoel.
  • Voeg die tiemie, heelkorrelmosterd en jogurt by die sous en meng goed. Bêre in die yskas tot nodig.
  • Vir afronding: Pak ’n laag van die tong in ’n opdienbak en smeer ’n laag van die sous oor. Hou aan lae pak en eindig met die sous. Strooi nog tiemie bo-oor indien verlang.
  • Sit die gereg koud voor of verhit 20 min. in die oond by 200 °C.