• Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die uie en knoffel by en roerbraai tot die uie deurskynend is.
  • Voeg die beesvleisstukke by, geur met sout en peper en braai tot die vleis verbruin is. Giet 4 k van die aftreksel by, bring tot kookpunt, ­verlaag die hitte en laat prut 1 uur 30 min. of tot die vleis sag is oor lae hitte. Voeg kookwater by as die sop te vinnig verminder.
  • Voeg die seldery, rooi­peper, gekapte tamaties en tamatiepasta by en meng goed.
  • Giet die oorblywende aftreksel by, voeg die suiker by, geur met sout en peper en bring tot kookpunt.
  • Roer die kool in en laat prut 20 min. tot die kool versag. Voeg die basilie by. Sit voor saam met gespeseryde tortilladriehoeke. 

WENK: Bêre enige oorskiet in porsies in ’n lugdigte houer in die yskas vir tot vyf dae en in die vrieskas vir tot drie maande.