Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Geur die vleis met die sout en peper en rol in die koekmeel tot goed bedek.
  • Verhit die olie in ’n kastrol tot warm en braai die vleis bietjies-bietjies tot bruin en buiteom geseël.
  • Voeg die sopmengsel by, verlaag die hitte en laat prut 1½ uur tot die vleis sag is.
  • Verhit intussen nog olie in ’n groot pan of kastrol en braai die ui en sam­pioene daarin tot sag. Meng die tamatiepasta en suiker by en voeg die sampioenmengsel by die vleismengsel.
  • Roer die geweekte sago by en meng goed. Laat prut tot die sous effens verdik.
  • Bolaag: Skep in ’n pasteibak en laat afkoel. Die vleis kan nou so gevries word, en wanneer jy gereed is om dit voor te sit, kan die deeg opgesit en so gebak word. Andersins, voer ’n bak met ’n vel skilferkors uit en skep die afgekoelde vleis daarin.
  • Verf die pasteibak se rand of oorhangskilferkors met water. Rol nog ’n vel deeg effens dunner uit en plaas oor die afgekoelde (of ontdooide) vleismengsel. Druk die rand met ’n vurk vas. Maak ’n gaatjie in die middel. Sny patrone uit die oorskietdeeg en plak vas op die deeg met die melk. Verf die hele bokant met die melk.
  • Bak 30 min. of tot die kors goudbruin en die vleis goed warm is.(Die klaargebakte, afgekoelde pastei kan ook in ’n plastieksak gevries word.)
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.