30 min.
8-10 handpasteie
1 uur 30 min. Afkoel: 30 min.
Bestanddele
- 500 g beeskortribbetjies, in stukke gesny
- 500 g gesnyde beesskenkels
- sout en peper
- 125 ml (½ k) meel
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 6 piekeluie, geskil en gehalveer
- 2 wortels (met skil), in blokkies gesny
- 2 selderystingels, gekap
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- 750 ml (3 k) beesvleisaftreksel
- 1 x 330 ml-blik donker bier
- 15 ml (1 e) groen peperkorrels, fyngekap
- 2 takkies roosmaryn
- 10 g pietersielie, gekap
- VIR AFRONDING
- 2 x 400 g-rolle skilferkorsdeeg
- 1 eiergeel gemeng met
- 15 ml (1 e) water
Metode

Bespuit ’n muffinpan (met groot holtes) met kossproei.
- Geur die ribbetjies en skenkels met die sout en peper. Sprinkel die meel oor die vleis.
- Verhit die olie in ’n drukkoker en braai die vleis tot bruin. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie, by en roer deur. Sit die drukkoker se deksel op en laat 30-45 min. onder druk kook of tot die vleis sag is en van die been afval.
- Haal die deksel af en verwyder die bene en roosmaryntakkies. Laat die vleis prut tot die aftreksel afgekook het en nie meer souserig is nie. (Verdik dit met ’n bietjie mielieblom of meel indien nodig.)
- Skep die vleismengsel uit die pot en meng die pietersielie deur. Geur met nog sout en peper indien nodig. Laat die vulsel 30 min. afkoel.
- Vir afronding: Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg uit en voer die muffinholtes daarmee uit. Vul die holtes met die vulsel en verf om die kante van die deeg met van die eiermengsel. Sny doppies vir die pasteie uit die orige deeg en sit dit bo-op die vulsel. Verseël die kante met ’n vurk en maak ’n gleufie bo-op elke pastei.
- Verf die pasteie met die eier en bak 25-30 min. of tot die deeg gaar is.
Die vulsel kan al ’n dag voor die tyd gemaak word om tyd te bespaar.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET