• Roomkaas: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout en lekker baie vars gemaalde peper.
  • Rolletjies: Sny die spinasie se stingels uit en kap rofweg op.
  • Smeer van die roomkaasmengsel op een van die tortillas. Versprei die helfte van die spinasie oor die roomkaas. Sit nog ’n tortilla bo-op en smeer weer met roomkaas.
  • Pak die helfte van die biltongskyfies bo-op en rol die tortillastapel styf op. Herhaal met die res van die bestanddele.
  • Sny die tortillas op in rolletjies en pak in ’n lugdigte houer.