Voorverhit die oond tot 120 °C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. 

  • Was die varkblad goed af en maak droog met kombuispapier. Keep die swoerd/vel in ’n diamantpatroon in, net deur die vel en vet, nie tot in die vleis in nie.
  • Smeer die blad oraloor met ’n bietjie olie in en vryf dan die seesout in die vel in.
  • Masseer die kerrie­poeier goed in die res van die blad in (nie in die vet en velgedeelte nie).
  • Plaas die uie- en appel­skywe op die bodem van ’n oondpan en giet die hoenderaftreksel, wyn en water in.
  • Plaas die vark bo-op en bedek lossies met foelie.
  • Oondbraai 7-8 uur stadig. Die beste manier om te toets of die vark gereed is, is om ’n lang vurk daarin te druk. As daar geen weerstand meer is nie en die vleis is lekker sag, is dit reg om uit te haal.
  • Verwyder die foelie en giet die pansappe versigtig in ’n kastrol. 8 Verhoog die oond­temperatuur tot 200 °C en plaas die vark terug in die oond om die vel bros en goudbruin te bak. Roteer die bak ná 10 min. en verbruin nog 10 min.
  • Sodra dit goudbruin en bros is, verwyder uit die oond uit en laat minstens 15 min. rus. 10 Sous Voeg die appelsap by die aftreksel in die kastrol en laat kook 10 min. stadig. Voeg die heuning by en laat kook nog 5 min. Sit warm voor saam met die blad. 

Bo-Kaapse kerriepoeier

Lewer 250 ml (1 k) kerrie­poeier

Bereiding: 10 MIN

Rooster: 2 MIN.

Bestanddele

  • 75 ml (5 e) fyn koljander
  • 30 ml (2 e) komynsaad
  • 15 ml (1 e) fyn kardemom
  • 5 heel naeltjies
  • 10 ml (2 t) mosterdsaadjies
  • 10 ml (2 t) vinkelsaad
  • 5 ml (1 t) fenegrieksaad
  • 5 ml (1 t) gemaalde swartpeper
  • 15 ml (1 e) droë brandrissie-vlokkies
  • 45 ml (3 e) borrie
  • 15 ml (1 e) fyn gemmer
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 15 ml (1 e) paprika
  • 2 kerrieblare, fyngekap

Metode

  • Rooster al die speserye 2 min. in ’n droë pan oor matige hitte of tot die saadjies begin skiet.
  • Maal die geroosterde speserye fyn in ’n koffie­maler of met ’n stamper en vysel. Bêre die oorblywende speseryemengsel tot 3 maande lank in ’n lugdigte houer. 


Gepiekelde perskes

Bereiding: 15 MIN.

Kook: 10 MIN.

Piekel: 18-24 UUR

Bestanddele

  • 6 perskes of pruime, gehalveer en pit verwyder 
  • 250 ml (1 k) witwynasyn
  • 250 ml (1 k) bruinsuiker 
  • 500 ml (2 k) water 
  • 5 ml (1 t) mosterdsaadjies
  • 5 ml (1 t) vinkelsaadjies
  • heel swartpeperkorrels
  • 1 lourierblaar 
  • 5 ml (1 t) koljandersaadjies

Metode

  • Plaas al die bestanddele in ’n kastrol. Bring stadig tot kookpunt en los 
    3 min. of tot die suiker gesmelt is. 
  • Verwyder die kastrol van die hitte en voeg die perskes of pruime saam met die piekelwater in ’n groot bak.
  • Maak styf toe met kleefplastiek en los oornag om te piekel.