Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vleisvulsel

  • Verhit die klapperolie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die ui en preie liggies tot gaar.
  • Voeg die knoffel, al die speserye, asook die basilie by en roerbraai liggies vir die geure om wakker te raak.
  • Voeg die maalvleis by en braai 5 min. liggies.
  • Roer die appel en die amandels versigtig by. Drup die suurlemoensap oor en geur met die sout en peper.
  • Klits die eiers liggies in ’n aparte mengbak en voeg dit by die vleismengsel.
  • Skep die vleismengsel in ’n groot oondbak en hou eenkant.

Bolaag

  • Klits die eiers en room in ’n mengbak saam. Geur met die sout en peper.
  • Giet die eier-en-roommengsel eweredig oor die vleismengsel. Steek die lourierblare eweredig oor die gereg in.
  • Bak 40 min. of tot die bolaag goudbruin is en gaar gebak het.

Kamma-geelrys

  • Plaas die blomkool in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot dit die fyn tekstuur van rys het.
  • Braai 2 min. oor hoë ­hitte in ’n pan met die botter. Voeg die borrie by en geur met die sout en peper. Braai nog 5 min. en skep dit oor in ’n opskepbakkie.
  • Droogrooster die amandelvlokkies blitsvinnig in ’n pan tot goudbruin. Sprinkel die vlokkies oor die blomkoolrys.

Vir voorsit

  • Laat die gaar bobotie 5 min. staan. Sit voor op ’n bed “rys” en met ’n skeppie jogurt.