Maak ’n vuur met genoeg kole vir potjiekos. Sit ’n driepoot in die kole waarop jou potjie sal pas; maak ook ’n kantvuur om te verseker daar is ekstra kole indien nodig. Hou ’n potjie byderhand.

Sit die potjie op die driepoot in die kole en giet die olie in. Braai die uie en knoffel in die potjie tot goudbruin.

Voeg die boereworsmaalvleis by en roerbraai 10 min. Giet die aftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die patats by en kook tot net gaar.

Roer die waterblommetjies by, sit die deksel van die pot op en laat die potjie 15 min. stadig prut – voeg ’n bietjie water by indien die bredie te vinnig droogkook.

Geur die potjiekos met die suurlemoensap, sout en vars gemaalde peper.

Vir voorsit

Sit voor saam met die rys.