20 min.
4
40-45 min.
Bestanddele
- Stowe
- 15 ml (1 e) olie
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 brandrissies, gekap
- 15 ml (1 e) tamatiepasta
- 1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor
- ’n knippie suiker
- sout en vars gemaalde peper
- 300 g boerewors
- Kluitjies
- 250 g blomkool, in kleiner boompies gebreek
- ’n hand vol pietersielie
- 125 ml (½ k) meel
- 1 eier
- 125 ml (½ k) gerasperde cheddar
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou 'n oondbak byderhand.
- Stowe: Verhit die olie in 'n diep pan en braai die knoffel en brandrissies tot geurig. Roer die tamatiepasta en tamatie-en-uiesmoor by. Geur met die suiker, sout en peper.
- Laat die mengsel liggies prut en sit die wors in. Sit 'n deksel op en laat prut tot die wors gaar is. Roer af en toe om te verhoed dat dit brand. Wanneer die wors gaar is, breek dit rofweg in stukkies en skep in die oondbak.
- Kluitjies: Plaas die blomkool en pietersielie in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyngekap. Voeg die meel, eier en kaas by en pols tot gemeng.
- Skep eetlepels van die mengsel en rol dit liggies met jou hande in bolletjies. (Die mengsel is baie sag.) Strooi meel oor jou hande as die deeg te klewerig is. Pak die bolletjies teen mekaar bo-op die stowe.
- Bak die stowe 15-20 min. in die oond of tot die kluitjies bo-op goudbruin is. Sit warm voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET