Voorverhit die oond tot 200 ºC.

  • Marinade: Meng al die sousbestanddele in ’n kastrolletjie, roer en kook sowat 10 min. tot lekker geurig.
  • Vleis: Plaas die ribbetjie in ’n oondbak en giet die marinade oor. Vryf goed in die vleis in. Geur met sout en peper. Bedek met foelie. Oondbak sowat ’n  uur of tot die vleis van die been af wegtrek. Verf gereeld met die marinade. Oondbraai nog sowat 15 min. onbedek of tot lekker bruin (dit kan ook oor die kole gebraai word).
  • Appelsous: Plaas al die bestanddele in ’n kastrol; kook tot sag en geurig.  
  • Braai die brood­bolletjies in ’n riffelpan oor matige hitte tot gaar of pak op ’n bakplaat wat goed met meel bestrooi is. Bak 30-40 min. saam met die ribbetjie in die oond. Dis reg as dit hol klink wanneer daarop geklop word.
  • Afronding: Sny die ribbetjie in happies en sprinkel roketblare oor. Sit voor saam met sous, broodrolletjies, botter en slaai.

Die ribbetjies word in die oond gaargemaak, maar dit kan ook oor die kole gebraai word.