• Sny enige oortollige vet van die tjops af, indien verkies. Kap die tjops effens platter met ’n vleishamer of die palm van jou hand.
  • Geur die tjops met sout, lekker baie peper en die tiemie.
  • Rol die tjops in die meel en skud enige oortollige meel af. Doop die tjops in die eier en rol in die broodkrummels.
  • Pak die schnitzels op ’n bord, bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Verhit genoeg olie in ’n groot pan vir vlakbraai. Braai die schnitzels in sarsies oor matige hitte tot goudbruin en gaar soos verkies. Dreineer op kombuispapier.
  • Vir voorsit: Sprinkel die seesout en pietersielie oor die schnitzels, indien verkies, en sit voor saam met die suur­lemoenwiggies en ’n slaai of groente van jou keuse.
Wenk
Pleks van vark kan hoenderborsfilette of selfs 1-minuut-beesvleissteaks vir die schnitzels gebruik word.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!