Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 

  • Burgerkoekies: Plaas die maalvleis in ’n groot mengbak.
  • Breek die broccoli in blommetjies, plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die broccoli, ui, komyn, braaisous en sout en peper by die maalvleis en meng goed.
  • Verdeel die maalvleis in 10 koekies en verkoel sowat 1 uur in die yskas. 
  • Pak die koekies op die bereide bakplaat en bak 15 min. in die oond. Skakel die oondrooster aan en rooster sowat 2 min. aan weerskante. Pak die kaasskywe op die warm burgerkoekies sodra dit uit die oond kom.
  • Afronding: Sny ’n rolletjie oop, pak ’n paar slaaiblare op die onderste helfte. Geur goed met die sout en peper. Pak die burgerkoekie bo-op, gevolg deur die agurkies indien gebruik en laastens die boonste helfte van die rolletjie. Sit die burgers voor saam met die skyfies. 

WENK

Maak die burgerkoekies vooraf, draai in kleefplastiek toe en vries. Dit kan tot 3 maande gevries word.