Voorverhit die oond­rooster.

Uie

Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die uie tot goudbruin. Strooi die suiker oor en roerbraai nog 5 min. Geur met die sout en peper.

Steak

Geur die steak met die sout en peper en verf alkant met die olie. Verhit ’n pan tot baie warm en verseël die steak weerskante. Plaas op ’n bakplaat en rooster 3-5 min. of tot gaar. Laat rus 5 min. Sny in skywe.

Burgers

Smeer die rolletjies met die mayonnaise en bedek met die slaaiblare, steakskywe, uie en kaas. Sit voor.

Foto: David Briers; stilering: Esther Malan; kos-assistent: Waleed Alexander