• Pak die ribbetjies in 'n niemetaalbak.
  • Marinade Klits al die bestanddele goed saam en giet oor die vleis. Maak seker die ribbetjies is oraloor bedek. Laat 2-3 uur of oornag in die yskas marineer.
  • Braai: Maak 'n vuur met genoeg kole vir braai. Plaas 'n staander in die kole. Haal die vleis uit die marinade en pak op 'n toeknyprooster. Hou die marinade eenkant.
  • Plaas die rooster op die staander en braai 20 min. oor matige kole of tot die ribbetjies gaar en goudbruin en die vet bros is. Verf af en toe met nog marinade sodat die vleis nie droogbraai nie.
  • Afronding: Haal die vleis van die rooster af en pak op 'n opdienbord. Drup die suurlemoensap oor en geur met die seesout. Sit dadelik voor.
Wenk
Sit die tjops saam met tzatziki voor – meng 250 ml (1 k) jogurt, ½ gerasperde komkommer, 1 gerasperde knoffelhuisie en ’n skeut suurlemoensap. Geur met sout en peper.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.