• Plaas die skenkels in ’n diep kastrol en vul dit met water. Bring tot kookpunt en kook 10 min.Skep die skuim gedurig af.
  • Giet die water af en spoel die skenkels goed af.
  • Plaas terug in die kastrol. Giet 1 L (4 k) warm water oor.
  • Voeg die heel speserye en Chinese vyfspeserye by en geur goed met die sout en peper. Plaas die deksel op en bring die water tot kookpunt, stel die hitte laer en laat 1 uur oor stadige hitte prut.
  • Voeg die brandrissie­vlokkies, suiker en soja­sous by en laat prut tot sag, nog sowat 1-1½ uur. As die vloeistof wegkook, voeg nog ’n bietjie water by tot die vleis heeltemal sag is en byna van die bene af val. (As heelwat water oor is, verdik met ’n bietjie meel om ’n dikker sous te maak.)
  • Skep die skenkels ver­sigtig uit die vloeistof (behou die vloeistof) en plaas op ’n bakplaat.
  • Voorverhit die rooster­element en oondrooster vinnig tot die vel lekker bros is, sowat 10 min.
  • Voeg die lemmetijesap by die sous.
  • Vir voorsit: Pak die skenkels op ’n opdienbord, giet die sous oor en sprinkel die koljander­blare oor. Sit voor saam met die klewerige rys en nog lemmetjieskyfies. S

Steranys, kaneel, gemmer en komyn gee ’n heerlike geur aan dié hoogs bekostigbare snit. 

BESTE WAARDE VIR GELD

Die bekostigbaarste snitte

  • Pootjies
  • Varkboud met been – ekonomiesste en veelsydigste snit
  • Skenkel
  • Skouer/nek – sappigste en sagste snit; kan in steaks gesny word of heel (ook gevul in oond of gepotbraai); beste snit om blokkies vir Oosterse geregte of kebabs uit te sny
  • Kruisstuksteaks (Porterhouse-steaks word ook uit kruis gesny)
  • Ghoelasjblokkies (uit die boud gesny)
  • Roerbraairepies
  • Varkliesrepies
  • Maer maalvleis

Duurste snitte 

  • Filet 
  • Lendetjops 
  • Braairibbetjie (hoewel nie duur per kilogram nie, benodig ’n mens baie per porsie) 
  • Ribtjops 
  • Varklies

Wenk

Dikwels word van die beste varksnitte nie in die winkeltoonbank uitgestal nie.

Die slaghuispersoneellede sal met graagte vir jou die varksnit van jou keuse uit die regte deel van die karkas sny.

Moenie bang wees om dit vooraf te bestel of daarvoor te vra nie; dis altyd die moeite werd.