Voorverhit die oond tot 170 °C. 

  • Rafeltjievleis: Geur die vleis oraloor met die komyn, sout en peper en plaas in ’n groot marineerbak.
  • Voeg die knoffel, lemoensap en -skil, lemmetjiesap en -skil, koljander en ment by die vleis en meng goed sodat die vleis heeltemal bedek is. Laat minstens 1 uur of selfs oornag in die yskas marineer.
  • Plaas die vleis saam met die marinade in ’n groot oondbak met ’n deksel. Giet die aftreksel en gemmerlim in die bak saam met die vleis en plaas die deksel stewig op.
  • Bak die vleis 2 uur in die oond – draai dit halfpad deur om. Haal die deksel af en besprinkel met die bruinsuiker. Skakel die roosterelement van die oond aan en rooster 10-15 min. of tot effens gekaramelliseer.
  • Verwyder die vleis uit die sous en pluis rofweg met 2 vurke. Plaas die vleis in ’n ander bak en giet 60 ml (¼ k) van die afgekookte vloeistof by. Meng goed en geur met nog sout indien nodig. Hou eenkant.
  • Cubano’s: Smeer die binnekant van die broodjies ruimskoots met die mayonnaise en mosterd. Stapel van die rafeltjievleis op die een helfte van elke broodjie. Plaas ’n paar skyfies kaas en agurkie bo-op en maak die broodjies toe.
  • Verf die buitekant van die broodjies liggies met die botter. Verhit ’n toebroodjierooster en rooster die broodjies tot dit effens begin verkleur en die kaas gesmelt is. Sit dadelik voor.