• Patties: Verhit die botter of olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Braai die uie terwyl jy roer tot goudkleurig en gekaramelliseer (sowat 15 min.).
  • Plaas die uie, beesvleis, eier, broodkrummels en worcestersous in ’n groot bak. Geur met die sout en vars gemaalde swartpeper. Meng goed.
  • Vorm in 4 patties.
  • Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matig-hoë hitte. Braai die patties terwyl jy dit een keer omdraai tot net deurgaar.
  • Vir afronding: Bedek die patties met kaas tydens die laaste minuut van gaarmaak en laat die kaas smelt.
  • Rooster die gesnyde kante van die rolletjies.
  • Verdeel die blaarslaai, patties, sous, piekels en tamaties tussen die onderste helftes van die rolletjies en bedek met die boonste helftes. 

WENK

Maak dubbel die hoeveelheid patties en vries dit met bakpapier of kleefplastiek tussenin sodat dit nie aan mekaar kleef nie.