Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Vleiskoekies: Meng al die bestanddele, vorm 6 koekies en braai sowat 10 min. in ’n pan tot bruin aan albei kante. Plaas op ’n bakplaat en oondbraai nog 10 min. of tot net gaar, maar steeds ­effens pienk binne. 
  • Tzatziki: Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  • Afronding: Plaas ’n slaaiblaar op die onderkant van die burger­rolletjie. Plaas ’n vleiskoekie bo-op, skep van die gebraaide uie bo-oor, gevolg deur 2 repies spekvleis. Plaas nog ’n vleiskoekie bo-op. Skep van die beet­tzatziki bo-oor en rond af met ’n skyfie peperroomkaas en ’n roketblaar. Plaas die bokant van die rolletjie bo-op.
  • Sit voor saam met tempoera-uieringe.