Patties

Plaas die ui, spinasie, pietersielie en wortel in ’n voedselverwerker en kap fyn. Skep in ’n groot bak, voeg die vleis, eiers en worcestersous daarby en geur met die sout en peper. Meng goed, sonder om te oormeng.

Gebruik ’n 80 ml (¹⁄3 k)- maatbeker en skep van die vleismengsel uit en vorm patties. Plaas op ’n geoliede bakplaat en hou dit in die yskas tot jy dit gaarmaak.

Vir gaarmaak

Braai die patties in ’n riffelpan of oondbak dit.

In ’n riffelpan Verhit die pan tot vuurwarm. Borsel die patties met die olie-en-Marmite-mengsel en braai tot dit van die bodem van die pan loskom. Draai om, borsel met die Marmite-­mengsel en braai tot gaar; moenie oorgaar maak nie.

In die oond

Plaas die patties op ’n geoliede bakplaat, borsel met die olie-en-Marmite-mengsel en oondrooster sowat 15-20 min. teen 200 °C tot gaar.

Vir voorsit

Plaas ’n slaaiblaar op elke rolletjie, voeg ’n pynappelring daarby, dan ’n
pattie en tamatie- en ­uieskyf, daarna nog ’n pattie, pynappelring en tamatie- en uieskyf. Herhaal met die res.

Sit voor saam met die tjips.