Voorverhit die oond tot 160 °C.

  • Flentertjievleis: Plaas die uie in ’n oondvaste bak. Pak die vleis bo-op en sprinkel die kruie en aartappels oor. Geur goed met die sout en peper en giet genoeg melk by sodat die vleis halfpad in die melk lê. Bedek, plaas in die oond en bak sowat 3 uur tot die vleis van die bene val. Trek die vleis in rafels.
  • Eiertortillas: Maak ’n kleefvrye pan, sowat 10 cm in deursnee, goed warm, verf met die olie of bespuit met kossproei.
  • Gebruik ’n hittebestande kwassie en smeer vinnig die hele pan met ’n lagie eierwit; die eierwit stol onmiddellik. 
  • Besprinkel die tortilla met die sade, sout en peper. Die tortilla begin van die kante wegtrek; dis rag­fyn. As jy dit per ongeluk dik gemaak het, kan jy dit vinnig omdraai. Skep uit en herhaal met die res van die eierwit. 
  • Vir voorsit: Plaas die vleis, groente, agurkies en mentblare op die tortilla en skep die hummus en jogurt oor. Rol op. 

“Die eierwittortillas is baie eenvoudig. Ons probeer om nie elke dag brood te eet nie en dit bevat lekker baie proteïen,” sê Mari-Louis Guy.