• Sous: Plaas die olie, ui, vinkelsaad en brandrissievlokkies in ’n bak en mikrogolf 5 min. of tot die uie verbruin. Voeg water by as dit lyk of die speserye brand.
  • Voeg die res van die sousspeserye by en mikrogolf nog 5 min. of tot die mengsel geurig is. Giet die klappermelk en tamaties by. Meng. Mikrogolf 10-15 min. of tot ’n sous vorm. Roer die koljander deur en geur met die sout en peper. Hou eenkant.
  • Frikkadelle: Meng al die bestanddele en geur. Verdeel in 16 frikkadelle. Pak in ’n mikrogolfvaste bak en giet die sous oor. Mikrogolf 15-20 min. of tot gaar. Sit voor saam met geelrys.