20 min.
15
20 min.
Bestanddele
- Frikkadelle
- 500 g bees- of lamsmaalvleis
- 1 rooi-ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngerasper
- 10 ml (2 t) fyn komyn
- 60 g grondboontjies, fyngekap in ’n verwerker
- olie vir vlakbraai
- Grondboontjiesous
- 50 g grondboontjies
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 15 ml (1 e) sojasous
- 5 ml (1 t) bruinsuiker
- 60 ml (¼ k) kookwater
- 50 g tahini
- 1 groen brandrissie
- 1 knoffelhuisie, fyngerasper
- sap van 2 suurlemoene
- ekstra grondboontjies vir afronding
- Platbrood
- 500 ml (2 k) bruismeel
- 1,25 ml (¼ t) sout
- 250 ml (1 k) natuurlike jogurt of karringmelk
- Vir Voorsit
- vars roketblare
Metode

- Frikkadelle: Meng die bestanddele en vorm in frikkadelle. Hou in die yskas tot benodig.
- Grondboontjiesous: Plaas die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Hou eenkant.
- Platbrood: Sif die meel in ’n bak, voeg die sout en jogurt of karringmelk by en knie tot ’n sagte deeg vorm. Rol middelslagballe uit en bak oor matige hitte in ’n droë pan. Keer om en bak tot goudbruin.
- Verhit die olie in ’n pan en braai die frikkadelle in sarsies tot gaar en goudbruin.
- Vir voorsit: Plaas ’n paar roketblare op ’n platbrood gevolg deur die frikkadelle. Bedruip met die grondboontjiesous.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET