Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Verhit ’n bietjie olie in ’n breë, oondvaste pan oor matige tot hoë hitte. Geur die varkvleis met die sout en peper en braai bietjies op ’n slag bruin. Haal uit die pan en laat staan eenkant.
  • Braai die ui in dieselfde pan oor matige hitte tot dit begin sag word en effens verkleur. Voeg die soetrissie, chorizo en knoffel by en laat prut tot die soetrissie sag is.
  • Roer die paprika, saffraan (indien verkies) en brandrissie by en braai 1 min. Voeg die aftreksel by. Laat 5 min. prut.
  • Voeg die rys by en meng deur; voeg die varkvleis by en geur met die sout en peper. Bedek en oond-braai 20-25 min. of tot die aftreksel geabsorbeer en die bokant goudbruin is.
  • Haal uit die oond, pak die artisjokke bo-op, bedek die gereg met foelie en laat 5 min. rus. Sprinkel die pietersielie en die suurlemoensap bo-oor net voor voorsit.