Voorverhit die oond tot 240° C.

Sny kepe 1 cm uitmekaar in die spek van die vark. Plaas die vark in ’n diep swaarboombraaipan.

Vryf die helfte van die sout en die gemaalde peper by die spek in. Strooi die oorblywende sout oor die vark. Braai 20-30 min. of tot die vel krakerig is.

Haal die vark uit die oond en plaas die soja­sous, 200 ml koue water, bruinsuiker, steranys, kaneel, gemmer, knoffel en sprietui in die pan.

Verlaag die oondtemperatuur tot 180° C, plaas die pan met die vark weer in die oond en oondbraai nog 70-80 min. tot die vleis sag is.

Sny die vleis in skywe en sit dit voor saam met ’n garnering van jou keuse.