Maak ’n braaivuur en sorg vir genoeg kole vir braai.

  • Tjops: Pak die tjops in ’n marineerbak. Meng al die bestanddele goed en smeer oor die tjops. Laat minstens 30 min. marineer.
  • Slaai: Meng al die bestanddele liggies in ’n mengbak en geur met die sout en vars gemaalde swartpeper na smaak. Hou eenkant.
  • Vir braai: Geur die tjops met sout en vars gemaalde peper en pak op ’n toeknyprooster. Braai die tjops 15 min. of tot gaar soos verkies. Draai die tjops gereeld om sodat dit nie brand nie.
  • Vir voorsit: Sit die tjops voor saam met die aartappelslaai.

Wenk: Verminder die olyfolie met die helfte en roer 60 ml (¼ k) son­droëtamatiepesto daarby in vir ’n pikanter slaai.