• Sprinkel growwe sout op 'n bakplaat en sit die varklies met die velkant na onder direk op die sout. Plaas vir 1 uur in die yskas.
  • Verhit die oond tot 180 °C. 
  • Haal die vark uit die plaat; skud die sout af. 
  • Plaas die salieblare in 'n oondbraaipan. 
  • Meng en smeer die mosterd, knoffel en swartpeper aan die onderkant van die varklies (nie aan die vel nie). 
  • Plaas die vleis met die mosterdkant na onder bo-op die salie en oondbraai 2 uur tot goudbruin en gaar. 
  • Sit voor saam met vars koolraap-en-appelslaai (sien resep hieronder aan).
Koolraap-en-appelsaai
           

Genoeg vir 10 mense
Bereiding: 20 min.

Slaaisous
250 ml (1 k) vars suurlemoensap
100 ml kanola-olie
250 ml (1 k) witsuiker
4 eiers
1 grasui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekap
2 hande vol vars dille
10 ml (2 t) sout
ekstra sout en peper

Slaai
1 kg groen koolraap, geskil en in repies gesny
1 kg Granny Smith-appels, geskil, ontklok en in repies gesny

1 Slaaisous: Plaas die bestanddele in ’n voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot ’n romerige mengsel vorm. Geur goed met sout en peper. 
2 Slaai: Plaas die slaai in ’n opdienbord en giet die sous oor. Sit voor saam met die varklies.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.