Voorverhit die oond tot 190 °C.

  • Tjips: Versprei in ’n enkele laag op ’n bakplaat, geur met sout en bedruip met ’n bietjie olyf­olie. Oondbak sowat 30 min. tot effens bros.
  • Steak: Sny die vet van die vleis af. Verhit die olie in ’n pan, voeg die uie by en roerbraai tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die steak by en braai tot bruin aan die buitekant.
  • Voeg die speserye, knoffel-en-gemmer­pasta, asyn en suiker sowel as die helfte van die water by. Verlaag die hitte en laat prut tot die steak sag is, ongeveer 20 min. Voeg nog water by soos nodig. Sny die vleis in repe.
  • Vir voorsit: Halveer die rolletjies, maar moenie dit heeltemal oopsny nie. Skep ’n bietjie slaaiblare onder, daarna tamaties, tjips, rooi-ui en die steakrepies. Garneer met koljanderblare.