METODE

  • Los die gis en suiker in 25 ml warm water op en laat staan 5-10 min. tot borrels vorm. 
  • Sif die meel en sout saam en voeg die gis by. Meng tot goed by die meel ingemeng en voeg water bietjies-bietjies by tot ’n deeg vorm. 
  • Knie die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is tot glad en elasties (die deeg spring terug).
  • Plaas die deeg in ’n geoliede bak, bedek met ’n afdroogdoek en plaas op ’n warm plek om te rys tot dit in grootte verdubbel het (sowat 30 min).
  • Wanneer dit gerys het, knie die deeg liggies af en verdeel in 4-6 balle. Pak die balle in ’n gesmeerde muffinpan om vir ’n tweede keer te laat rys (bedek weer en sit op ’n warm plek terug).
  • Wanneer die deegballe gerys het, verhit ’n pot met kookwater en sit ’n bamboes-stoomkoker bo-op. Pak die rolletjies in die stoomkoker, bedek met ’n deksel en laat stoom 25-30 min.
  • Haal die rolletjies uit die stoomkoker en sit eenkant. 
  • Verhit die botter in ’n groot pan en braai die spekvleis tot liggies verbruin. Voeg die gemmer, rooi brandrissie, hoisinsous, sojasous, hoenderaftreksel en suiker by en laat prut sowat 10 min. terwyl jy af en toe roer. 
  • Die spekvleis is gaar wanneer dit begin stroperig word. Verwyder van die hitte, bedek en hou warm. 
  • Breek die gestoomde rolletjies oop en skep die spekvleismengsel in.
  • Bedek met skywe sprietuie, radyse en komkommer en sit voor.