Voorverhit die oond tot 160 °C. 

  • Maak ’n diep snit oor die lengte van die varknek om dit oop te vlek; maak ook ’n paar kepe oor die dikker dele om die vleis oral eweredig te kry. 
  • Smeer die vleis alkant goed in met die mosterd en geur met die sout en peper. 
  • Vulsel: Braai die ui en knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die appel en peer by en roerbraai tot lekker sag. Laat afkoel en roer die res van die vulselbestanddele by.
  • Smeer die vulsel oor die gesnyde kant, vou die vark toe om die vulsel en plaas in ’n vleisnet of bind met ’n tou vas. 
  • Groente: Meng die uie en patats met die borrie. Plaas in ’n oondvaste bak en giet die klappermelk en aftreksel oor. Voeg die lourierblare by.
  • Plaas die vleisrol bo-op en oondbraai 25 min. per 500 g plus ’n ekstra 25 min. of tot die vleissappe helder is wanneer ’n vleispen ingesteek word. Skep af en toe van die vleissappe oor die vleis.
  • Skakel die rooster­element van die oond aan en rooster tot mooi bruin buiteom.
  • Vir voorsit: Sny die vleis in skywe en sit voor saam met die groente (jy kan die groente ook verpulp indien verkies), koljanderblare en lemmetjies, en stukkies brosgebraaide swoerd en mosterd­sous.