• Maalvleis: Verhit die olie in ’n groot pan. Voeg die ui, knoffel en brandrissies by en roerbraai 5 min. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai tot geurig.
  • Roer die tamatiepasta deur die maalvleismengsel en giet die aftreksel by. Laat 10-15 min. oor lae hitte prut; roer af en toe. Geur met die sout en peper.
  • Mentjogurt: Meng al die bestanddele.
  • Vir voorsit: Verdeel die spaghetti tussen vier bakkies en voeg die maalvleis, boontjies en kekerertjies by. Skep van die mentjogurt bo-op en garneer met die suurlemoenskil, rissies en ment.